"Hooglied" deur LINA SPIES [boodskap #19316] |
Ma, 23 November 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
HOOGLIED
Lina Spies
Ek is 'n afgesnyde koringland
met net 'n paar gerwe langs die kant,
'n geplukte wingerd met net 'n paar trosse
vir die vreemdeling
die arm verbyganger
die nie-grondbesitter.
Ek het my aan jou gegee
vir die trapvloer en die wynpers
en nou gee ek jou die brood terug
om daaraan te stik
en die volle beker wyn
dat dit mag smaak presies net soos asyn.
Ek is bruin soos Salomo se Sulamutiese
omdat ek woon by die tente van Kedar,
'n Bedoeïn is
'n woestyn-mens
'n nie-gevestigde.
Net: jy is geen Salomo nie,
jy besit nóg die wysheid nóg die koningskap,
omdat jy my nie meer bring in die wynhuis nie.
Sou jy dit doen,
sal ek weer vol in die aar staan
en die plukkers versamel onder my donker, uitgeswelde trosse
soos die jaloerse dogters van Jerusalem.
|
|
|
Re: "Hooglied" deur LINA SPIES [boodskap #19331 is 'n antwoord op boodskap #19316] |
Di, 24 November 1998 00:00 |
ekspat
Boodskappe: 6 Geregistreer: November 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Asseblief nog meer van Lina Spies asseblief ou Gloudina!!! Sommer die
hele album, so stuk-stuk. Dank je wel!!
S
@igs.net wrote in article ...
>
> HOOGLIED
> Lina Spies
>
> Ek is 'n afgesnyde koringland
> met net 'n paar gerwe langs die kant,
> 'n geplukte wingerd met net 'n paar trosse
> vir die vreemdeling
> die arm verbyganger
> die nie-grondbesitter.
>
> Ek het my aan jou gegee
> vir die trapvloer en die wynpers
> en nou gee ek jou die brood terug
> om daaraan te stik
> en die volle beker wyn
> dat dit mag smaak presies net soos asyn.
>
> Ek is bruin soos Salomo se Sulamutiese
> omdat ek woon by die tente van Kedar,
> 'n Bedoeïn is
> 'n woestyn-mens
> 'n nie-gevestigde.
>
> Net: jy is geen Salomo nie,
> jy besit nóg die wysheid nóg die koningskap,
> omdat jy my nie meer bring in die wynhuis nie.
>
> Sou jy dit doen,
> sal ek weer vol in die aar staan
> en die plukkers versamel onder my donker, uitgeswelde trosse
> soos die jaloerse dogters van Jerusalem.
>
|
|
|